witter wit as bleek
a whiter shade of pale
Procul Harum
ons los toe maar die fandango tol oor die vloer en draai seesiek en lekker naar maar die klomp roep vir meer die bar wat gons en dreun selfs die dak wil net verdwyn ons vra toe vir nog 'n bier die waiter bring 'n dosyn so dan baie baie later die stories droog toe op haar gesig eers soos 'n spook en toe dan witter wit as bleek sy sê: "Daar is geen rede als is duidelik om te sien" maar ek loer deur al my kaarte geen plek vir nog 'n siel in die 16 nooiensvaart skepe ons gaan vaar oor die see en al was my oë nog oop ek was net so goed as blind so dan baie baie later die stories droog toe op haar gesig word eers 'n spook en toe dan witter as die witste bleek
© Jacques Steyn