Home | Lyrics home

wie wil bietjie musiek hoor vannaand

Che vuole questa musica stasera

en wie wil dan so bietjie... 
   musiek hê vir vannaand? 
om iets van ver terug hier te sê   
die maan is steeds ons maat  
maar ek voel net myne
net myne
net myne
 
ek wil jou hier naby my hou  
maar nou is daar niks meer vir ons
  
ek sou graag jou woorde weer hoor  
die woorde wat so ver weg lê 
die wêreld was stil rondom ons 
van al die geluk wat jy my gee
 
wat moet ek nou daarmee maak
met al my dae
as al my dae
so leeg lê sonder jou

so... wie wil bietjie... 
   musiek hê vir vannaand?  
om iets van ver terug hier te sê   
dit neem my terug na bietjie van jou liefde
dit neem my terug na bietjie van jou

wat moet ek nou hiermee doen?
met al my dae
as al my dae
so leeg lê sonder jou

wie wil sulke musiek hê vir vannaand?
dit neem ons na so so ver
neem my terug na bietjie liefde 
neem my terug na bietjie van jou
bietjie van jou
bietjie van jou

© Jacques Steyn