vuur van die jeug
Hier encore
Charles Aznavour
met ons jeug was daar 'n vuur en ons het gedink dit sou altyd duur die lewe is 'n spel in volspoed op 'n pad ons jaag na iets daar ver sonder kennis waar dit end ons planne bly verdwyn soos mis in 'n wind ons leef van dag tot dag daar is niks wat ons kan bind ons jaag en jaag soos wind dit bly net verdwyn soos tyd wat net wegwaai ons sal dit nooit weer vind met ons jeug was daar net vuur tyd was verspeel maar nooit van korte duur en als was net vir lag daar was nooit geen pyn ons breine gans te traag die pad waarop ons jaag die warm vlam wat brand ons kanse was verblind die helder van die spel met geen tekens van 'n hel maar nou is baie dood en die drome het verdwyn soos selfsug wat vervang is deur die lewenspyn Met ons jeug was daar 'n vuur en ons het gedink dit sou altyd duur die lewe is 'n spel in volspoed op 'n pad ons jaag na iets daar ver sonder kennis waar dit end ons planne bly verdwyn soos mis in 'n wind ons leef van dag tot dag daar is niks wat ons kan bind ons jaag en jaag soos wind dit bly net verdwyn soos tyd wat net wegwaai ons sal dit nooit weer vind met ons jeug was daar net vuur tyd was verspeel maar nooit van korte duur en als was net vir lag daar was nooit geen pyn ons breine gans te traag die pad waarop ons jaag die warm vlam wat brand ons kanse was verblind die helder van die spel met geen tekens van 'n hel maar nou is baie dood en die drome het verdwyn soos selfsug wat vervang is deur die lewenspyn waar is ons jeug? dis so gou verby waar is dit nou? dit het verdwyn waar is die lag? waar is die jaag? waar is die vuur?
© Jacques Steyn