Home | Lyrics home

mat voor jou deur

waar jou asem my streel                  
die lig van jou lag oor my speel   
waar jou hare se glans                     
oor die vlerk van my denke         
dans                    
                 
jou hand lê warm                           
oor die woorde wat ek sê               
jou vel roep my sag                         
om te raak wat ek wil hê                 
jou hand lê warm                         
oor die woorde wat ek sê              
jou vel roep my sag                       
om te raak wat ek wil hê               

die woorde van jou mond           
knak my knieë  lam                     
en my kettings brokkel              
in die klingel van jou lag    v           

in jou oë                                   
wil ek swem                               
verdrink in jou blik                      
verdwyn in die kyk wat jy gee                                

ek lê my neer                            
as die mat voor jou deur        
ek lê my neer                         
as die mat voor jou deur         

ek lê my neer                            
as die mat voor jou deur          
ak lê my neer                         
voor jou deur                         

© Jacques Steyn