Home | Lyrics home

Lola

The Kinks

ek sien haar in 'n klub
in Bree Straat
drink sjampanje
en dit proe nes coca cola
o la la la

sy stap na my en vra my om te dans
ek vra haar naam
in 'n donker bruin stem sê sy
Lola

wel ek doen nie gym
maar my spiere is fine
maar sy druk my so styf
my ribbes is heel plat gebuig
oh my Lola

wel eks nie dom
maar ek kan nie verstaan
sy loop soos 'n vrou
maar praat soos 'n man
oh my lola

wel ons drink sjampanje
en dans die hele nag
onder 'n elektriese kandelaar
sy tel my op, sit my op haar knie
sy sê: 
  Hey Boet kom huis toe met my

Wel ek's nie die een vir passievol wees
maar ek kyk in haar oë 
en my knieë  swik net daar
vir my Lola

Lola

ek stoot haar weg
ek loop na die deur
ek val op die vloer
ek leun op my knie
ek kyk vir haar
sy kyk vir my
wel dis hoe dit altyd moet bly vir my
dis hoe dit altyd moet bly
net vir my Lola

girls word nou boys
en boys word nou girls
als gemeng en gemeng
die wêreld 'n blur
net nie vir Lola

wel ek is nie van hier, pas aangekom
en van soen weet ek niks, ek is maar dom
maar Lola, sy lag en sy neem my hand
sy sê: 
  Boeta, vannaand maak ek 'n man van jou

Wel ek doen nie gym en my spiere is pap
maar ek weet wat ek is
en ek is 'n man
en so is Lola

Lola

© Jacques Steyn