liefde is soveel sterker as ons
Ons gids is ons hele verlede
Dit maak ons rus in 'n vrede
Maar vrede kan dit tog opdons
Liefde
is soveel sterker as ons
Of ons weer opvlam
of dit aanvaar
Wil ons nie
of wil ons weer ervaar
Dit moet
ons s'n wees as 'n paar
Liefde
is soveel sterker as ons
Met jou by my
wat's meer te doen?
Die tyd se kleed
sal ons weer versoen
Dan's die aanwind
weer so sag
Liefde
is soveel sterker as ons
'n Vry lewe
ver van die nag
Of sal dit weer wees
sonder ons vuurkrag?
Maak nie saak
na watter kant
Liefde
is soveel sterker as ons
Ons dog
dit maak nie meer saak nie
Om nie meer
aan die woorde te raak nie
Maar ons sal dit meer
moet sê
Liefde
is soveel sterker as ons
Avec notre passé
pour guide
On se devrait d'être lucide
Mais notre méfiance
est à bout
L'amour
est bien plus fort que nous
Gebaseer op L'amour est bien plus fort que nous (1965) Nicole Croisille, Pierre Barouh
© Jacques Steyn