Home | Lyrics home

lied vir jou

Edith Piaf 1949

sou die lug - so blou - val in die see
sou die storms alles voor wegvee  
maak nie saak solank jy by my bly
ek sing my lied steeds net vir jou
   
so lank as jou liefde
deur my vloei
so lank as ek beef as jy my raak  
net so lank as ek weet jy is aan my sy
net vir jou, die lied is vir jou jou alleen
 
ek vaar na die węreld se grens   
jy is my laaste wens
en ek sing my lied vir jou
  
ek vlieg verder as die maan
en ek volg jou waar jy gaan   
my stem beef en ek sing vir jou 

sou  'n dag kom en jy is weg van my
sou die dood jou wegruk van my sy
diep in my bly jy ingekerf
en my lied sal nooit ooit sterf

jy bly leef in my lewe hier en nou
in als wat ek sien onthou ek jou
met my stem sal ek vir jou sing
net vir jou my liefde bring 

my lied vir jou

© Jacques Steyn