een met die nag
vandag in jou oë
die nag is vermom
die son wil dan skyn
bring lig vir 'n tyd
maar met die breek van die straal
sien ons ander weë
die warm van die dag
draai 'n ander wang
een met die nag
so lank as die tyd dan wil wees
tik die klok deur die ewigheid
so lank golwe die see wil hê
was jou sand die branders en my
en jy wag vir my
jy seil met my
realiteit's 'n fantasie
lief vir die nag
ons is lief vir die nag
ons is lief vir die nag
een met die nag
dit lyk of die maan haar pad verloor
sy roep desperaat in pyn
ruimteperde soek hulle teuels en hul pad
en hulle roep tevergeefs
galoppende nagte
regeer in hul mag
en hul storm deur die hekke van jou lag
dis dan dat hul weet
een met die nag
vannag in jou lag
geleende son vir 'n tyd
die straal is ons slaaf
ons sand was deur die golf
en daar wag jy vir my
langs die ewigheid
wanneer jy met my seil
in die fantasie
een met die nag
© Jacques Steyn