Home | Lyrics home

black velvet

Black Velvet
Alannah Myles

Mississippi lê weer warm en droog 
Jimmie Rodgers speel Victrola doer bo
mammas dans, meisies dans saam
die son sak taai op die droë grond
daai man kon sing, wriemel en beweeg
jy wil meer hê
- gee jou meer en nog meer

Black Velvet, en sy heupe bly swaai  
Black velvet as die warm winde waai
'n nuwe god waarvoor jy buig en smag  
Black Velvet - gee ons meer

daar in Memphis - musiek 'n hittegolf 
wit weerlig maak jou mal
elke skool girl het sy lied in haar hart
"Love me tender" laat hul gil en bloos
sy heupswaai dwelm soos 'n sterk magneet
maar steeds sê jy gee my meer en meer

Black Velvet, en sy heupe bly swaai  
Black velvet as die warm winde waai
'n nuwe god waarvoor jy buig en smag  
Black Velvet - gee ons meer
  
elke woord
van elke song wat hy sing
is net vir jou
 
maar in 'n blits was hy weg 
dit is hoe dit is
wat kan jy doen?

Black Velvet, en sy heupe bly swaai  
Black Velvet as die warm winde waai
'n nuwe god waarvoor jy buig en smag  
Black Velvet - gee ons meer

© Jacques Steyn