Home | Lyrics home

Belle

Musical: Notre-Dame de Paris
Paroles: Luc Plamondon
Musique: Richard Cocciante
Afrikaans: Jacques Steyn

Quasimodo

Belle
dis so 'n woord dan net bedoel
om haar te kroon
haar dans en wieg
- haar lyf is vry - 'n vlieënd voël
haar vlerke sprei en sy sweef
rond bont in my brein
haar fladder vleuels verander diep
en gee my
hel
dit maak sy bek wyd oop en
sluk my lewe in
my oë dwaal vroetelend
onder haar gypsy jas in
klaar
wat help my bid my oë bly
vasgenael op haar
waar
is die een met eerste klip
na haar gegooi
o nee duiwels
los my dan tog hier alleen
my vingers gly deur sag hare - Esmerelda

Frollo

Belle
sy dra die duiweljas los rondom
om haar dun lyf
en lok my oë so ver weg
van my hemelhuis
hoe land ek dan hier in my lyf
se diepste drang
dit neem my weg van hoop
op hemel land
o sy
dra in haar lyf die bose slang
se lispel lus
dit maak my vrot van gees
dit maak my bene swak
sy
kom dan van nêrens maar is hier
vir ons vermaak
'n vrou met wêreldwysheid
wat sy dra met smaak
o huis van god
'n kruis vir wie ons hier moet dra
o los my uit
jou listig blom my Esmeralda

Phoebus

Belle
al toor haar groot swart oë
my nou weer bedwelmd
bly sy ooit kwyt van skuld
- haar towerspel oor jou
haar smeulend heup se wieg
'n strelend wind roep jou
haar rok se vou steek weg
'n reënboogkleur
die geur
haar blom se roep lei my
na altaar van haar lus
ek's so ontrou aan jou
my eintlik toekoms vrou
Maar
wys my die man wat haar uitlok lyf
kan weerstaan
hy's g'n stuk vleis en bloed,
hy is 'n soutpillaar
o Fleur-de-Lys
ek't g'n geloof en geen verweer
ek pluk die liefdesblom weereens van
Esmeralda

Quasimodo
Frollo
Phoebus

My oë
nael vas gevou in haar vleiend
oop gypsy jas
wat help my bid my oë is
nou reeds blind gestaar
wie
dra daai groot klip
wat hy dan eerste na haar gooi?
Daai een het g'n stuk passie
in sy mense lyf
o duiwelmens
los my dan uit - ek stry alleen
my vingers gly deur sag hare ---
Esmerelda
Esmerelda

© Jacques Steyn