Jacques Steyn Home | Sirkelkringe | Program | Resensies | Bio

windmeul

Agtergrond

windmeul
Les Moulins de mon coeur
The Windmills of my mind

Michel Legrand

Michel Legrand

Die Ottoman Turke het Armenië ingeval en tussen 1914 en 1923 moontlik soveel as 'n miljoen Armeniërs vervolg, vermoor en uit die land gedryf. Van die vlugteling het in Frankryk geëindig. Michel Legrand se ouers was Armeniese vlugtelinge, maar hy is in Parys gebore in 1932. Hy is dood in 2019, 86 jaar oud. Soos sy pa was hy 'n komponis en dirigent, maar ook 'n jazz pianis.

Legrand het musiek gemaak vir meer as 200 films en TV produksies. Hy was genomineer vir baie toekennings:
- Academy Awards (dis Oscars) - 3 gekry
- Grammy awards - 5 gekry
- Golden Globe awards
- Emmy Awards
- en meer

The Thomas Crown Affair

Die movie The Thomas Crown Affair is in 1968 gemaak met Steve McQueen en Faye Dunaway in die hoofrolle. Steve McQueen was Thomas Crown. Die movie is 31 jaar later in 1999 weer verfilm en met Pierce Brosnan en Rene Russo in die hoofrolle.

Die storie gaan oor 'n verveelde besigheidsman wat opwinding soek deur juwele te steel. In die sweeftuig toneel in die 1968 weergawe is die opdrag vir Legrand om musiek skryf wat die gevoel gee van 'n mind trip. Daai toestand tussen slaap en wakker.

Hy skryf die melodie vir Les Moulins de mon coeur - die Meule van my hart, in Engels bekend as The Windmills of my mind, met lirieke deur Alan and Marilyn Bergman.

Eddy Marnay

Eddy Marnay

Eddy Marnay (1920-2003) het die Franse lirieke geskryf vir Les Moulins de mon coeur vir die movie. Sy oorspronklike naam was Edmond Bacri en hy is in Algerië gebore. Hy het meer as 4'000 songs geskryf, wat o.a. gesing is deur Édith Piaf, Frida Boccara en Céline Dion. Hy het die eerste 5 albums van Céline Dion help produseer, en sy het een van haar tweeling seuns na hom vernoem.

Ranglys

In die ranglys van die American Film Institute lê die song op #57 van die beste movie musiek van die afgelope 100 jaar.

Opnames

Daar is 400 opnames van die song gedoen in 14 tale:
Czechies
Deens
Engels
Fins
Frans
Duits
Hongaars
Italiaans
Kroasies
Nederlands
Portugees
Russies
Spaans
Sweeds