Jacques Steyn Home | Sirkelkringe | Program | Resensies | Bio
Agtergrond
My respek
Ma révérence
Véronique Sanson
Véronique Sanson was skaam en wou nie voor mense optree nie. Sy was goed bevriend met musikante en hulle reël gigs vir haar by die Eifel Toring se restaurant om agtergrond musiek gemaak. So het sy vertroue opgebou.
Sy is in 1949 gebore en 'n tiener in die 1960s - die era van rock, en Franse ye-ye rock. So sy het pop-rock geskryf. In haar laat twintigs in die 1970s het sy meer gesofistikeerde musiek begin geskryf en was een van die baanbrekers van Nouvelle chanson française wat meesleurend en poëties is, maar elemente van al die nuwe soorte musieke insluit.
In haar 20s was sy getroud met Stephen Stills van Crosby, Still and Nash faam. Die groep was een van die groot name in folk rock - hulle het o.a. by die Woodstock fees opgetree en is bekend vir songs soos Teach your children well, Suite: Judy Blue Eyes en Guinevere.
Véronique se pop-rock songs is o.a. gesing deur Olivia Newton-John (Physical), Elaine Paige (I know him so well), Pete Townshend (van The Who, bekend vir Substitute, The Seeker, Pinball Wizard).
Sy en Stephen stills bly in Amerika. Op 30 skei hulle maar die skeisaak neem 5 jaar - omdat sy wou teruggaan Frankryk toe - en toesig en beheer van hul seun is 'n probleem.
Sulke skeidings maak dat mens van jou vriende-kring verloor - veral gesamentlike vriende. Maar daar is ook allerhande ander skeidings. Tog is daar respek vir dit wat jy gehad het.
Gedurende hierdie tyd skryf sy Ma révérence - My respek.