1988
Cm Gm
in die middel van die nag
soms neem dit so lank
woorde maak my bang
as die maanlig my wil vang
minnars lê en woel
en jy kan dit nie bedoel
maar jy kry daai gevoel
mense is so wreed
en jy kan dit nie vergeet
as jou pyn aan jou vreet
en die ander lê en droom
maar jou brein werk volstoom
jou vrede is verloën
die vaak bly weg van jou
en jy wens jy kan dit hou
ag as dit tog net om jou vou
dis dan wat ek wil skryf
oor die ritme van jou lyf
maar my hande bly so styf
© Jacques Steyn