English | Gigs





Terug na 10 jaar
Ek het my instruments afgestof na 'n afwesigheid van die musiek scene vir meer as 10 jaar en ek's terug. Dis moeilik om musiek uit die bloed te kry as dit eers in is... Maar ek het ander dinge gehad om te doen.

Een van my eerste projekte nou is om die blues te speel, met 'n bietjie rock tussen-in vir die plesier. Ek het die Undercover Rock'n'Blues Band gejoin (vir meer, sien die website).

Maar ek begin ook om shows te doen met my eie oorspronklike Afrikaanse komposisies, begelei deur 2B2. Die songs dek 'n wye reeks musiekstyle van rock en blues, tot reggae, ballades en folk.

2B2
Toe ek uitgenooi is om by die oorspronkilke Houtstok Rockfees op te tree in 1990, wou ek nie my nommers solo doen nie, en het 'n gawe klomp musikante bymekaar geskraap. Ek het hierdie band 2B2 genoem. Na afloop van die fees het ons deelgeneem aan die Houtstok Toer met Anton Goosen en die Kommisie van Ondersoek, en Piet Botha. Twee van ons songs is in die Houtstok-album ingesluit. Ons het vir 'n tyd die gig-rondtes gedoen, en toe ontbind.

Nou het ons hervorm. Net ekself en die guitarspeler Kay Brugge bly oor van die oorspronklike band. Ons het nou 'n opwindende nuwe opset met Lee Furter op keyboards en vocals, Dylan Schwartz op dromme, en David op bas. Sien die 2B2 website.

Ons styl is kontemporêre volwasse rock met 'n jazzy invloed.

Die songs
Alhowel ek genoeg materiaal het vir 'n 3 uur opvoering, het my huidige set oorsponklike materiaal van so 1 en half uur in verskillende musiekstyle.

Daar is 'n paar blues nommers. Die oudste is Kêfie Blues wat ek in 1979 geskryf het. Ander blues nommers is Middernag Blues (1990), Moerse Boere Blues (2003) en die meer jazzy blues nommer Ek slaap alleen vannaand (1990).

Sommige songs is straight driving rock nommers, soos Suspisie (1989), Die vure brand al laag (1989), en Augustus (1977), terwyl Winter (1980) en Dwaal (1978, met 'n Latyns-Amerikaanse beat) rustige rock nommers is.

Daar is ook 'n paar ballades: Weet jy, Die dolk van jou kyk (1989) en Applous (1992). Die song Wat ek wil hê (1990) is in die reggae styl, terwyl Seil na jou (1978) 'n soort 50s/60s shoo-be-doo-wah song is.

En dan is daar die folky Moeder Afrika (1992), en die folk-rock Handvol in die wind (1980).

Alle lirieke kan na geloer word.

Sien die Gig Kalender.

Sien ou pers uitknipsels en artikels.

Loer hierdie spasie...